Description:
Ontvangsdame & Junior Admin Assistent
Brilliance BlueStar is deur Sanlam gemagtig om persoonlike finansiële adviesdienste te lewer. Ons benodig ’n goed-georganiseerde, betoubare ontvangsdame / admin assistent met ‘n oog vir detail, wat dag-tot-dag verantwoordelik sal wees om die besigheidsbestuurder en adviseurs te ondersteun.
Verantwoordelikhede
· Algemene kliënte-ontvangs
· Reël van kliënte-afsprake
· Bedien verversings tydens afsprake
· Vaslegging van kliëntedata in elektroniese databasis
· Hulp om algemene navrae te beantwoord of te verwys na bestuurder of adviseur
· Hulp om verslae, aanbiedings en agendas vir afsprake voor te berei
· Deurlopende skakeling met kollega’s om werksvloei te bestuur
· Toesig oor kantoortoerusting om optimale werksomgewing te handhaaf
Minimum vereistes
· Matrieksertifikaat met wiskunde, rekeningkunde of ekonomie
· Ten volle tweetalig - Afrikaans & Engels
· Ervaring in kantooradministrasie, kliënteondersteuning of soortgelyke administratiewe rol
· Vertoud en bedrewe met MS Office
· In staat om voltyds in Sanlam Hoofkantoor in Bellville te werk
Vaardighede
· Gefokus op detail
· Goeie verbale en geskrewe kommunikasievermoë
· Goeie organisasievaardigheid en rekordhouding
· Vermoë om onder druk te funksioneer
· Vermoë om take te prioritiseer ten einde spertye te haal
· Vermoë om in ‘n span saam te werk
· Pro-aktiewe ingesteldheid
· Vertoulike hantering van kliënte-inligting
Wat ons aanbied:
· Professionele werksomgewing in Sanlam Hoofkantoor
· Vergoedingspakket van tot R10,000 p.m. tot R15,000 p.m. gebaseer op werkservaring
Om aansoek te doen:
Stuur onderstaande na die volgende adres: info@brilliancebluestar.co.za
· Dekbrief waarin jou ervaring en salarisverwagtinge uiteengesit word
· CV
· Afskrif van matrieksertifikaat en ander kwalifikasies
Slegs kandidate wat die kortlys haal sal gekontak word. Brilliance BlueStar hou die reg voor om nie die posisie te vul nie.