Where

Werkswinkel Stoorman (Ceres)

Job Placements
Worcester Full-day Full-time

Description:

WERKSWINKEL STOORMAN (CERES)

Ons kliënt is ’n gevestigde en betroubare onderneming in Ceres wat spesialiseer in professionele slootgrawe- en uitgrawingsdienste. Met ’n moderne vloot graafmasjiene en ’n sterk fokus op gehalte, doeltreffendheid en betroubare dienslewering, bedien ons landbou-, konstruksie- en infrastruktuurprojekte regoor die streek. Hulle het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n ervare en dinamiese Werkswinkel Stoorman.

VEREISTES:

Matrieksertifikaat (Graad 12) Minstens 2 jaar ervaring in ’n soortgelyke posisie Basiese rekenaarvaardighede, insluitend kennis van Pastel Ervaring in voorraadbeheer Kode B bestuurslisensie Uitstekende geskrewe en mondelinge kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels Noukeurig met uitstekende administratiewe en organisatoriese vaardighede In staat om inisiatief te neem en selfstandig te werk Goeie tydbestuur- en prioritiseringvaardighede Betroubaar, eerlik en verantwoordelik

VERANTWOORDELIKHEDE:

Verantwoordelik vir die stoor, beweging en organisering van voorraad. Beplan en organiseer voorraad en inventaris, insluitend die monitering van voorraadvlakke. Hou rekord van voorraad en inventaris, insluitend die plaas van bestellings soos benodig. Reik voorraad uit aan werknemers en hou akkurate rekords van uitreikings. Kontroleer hoeveelhede van ontvangde voorraad teenoor afleweringsnota’s en aankoopbestellings. Reël die versameling en aflewering van toerusting en/of voorraad. Voer maandelikse en jaarlikse voorraadtelling uit, of soos aangevra. Handhaaf netheid en orde in die werkswinkel en omliggende areas. Hanteer ligte tot medium vrag, insluitend op- en aflaai van voorraad, met gebruik van ’n vurkhyser waar nodig. Verseker akkurate rekordhouding van voorraad en inventaris, en dat rekords te alle tye beskikbaar is.

'n Mededingende vergoedingspakket, insluitende 'n prestasiebonus/13de tjek en pensionfondsbydraes, word aangebied.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 12 MAART 2026

* Slegs kortlys kandidate sal gekontak word

Alle werwingsprosedures word gedoen inlyn met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting.


26 Feb 2026;   from: gumtree.co.za

Similar jobs

  • Job Placements
  • Worcester
Description: About the Role The successful candidate will represent a comprehensive range of agricultural equipment and precision farming solutions, working directly with farmers, packhouses, and agricultural co-operatives. The role focuses on helping ...
25 days ago
  • Executive Placements
  • Worcester
Description: Role Purpose The Construction Site Supervisor will be responsible for full-time on-site execution of works, ensuring safe, compliant, and high-quality delivery in accordance with programme, budget, and technical requirements. The role reports ...
29 days ago