Description:
Hierdie gevestigde Landbou Groep beskik oor ‘n beroepsgeleentheid vir ‘n dinamiese, energieke en stelselgedrewe persoon om by hul suksesvolle bestuurspan aan te sluit.
IT & DATA ONTWIKKELINGSBESTUURDER
UPINGTON OMGEWING
Vereistes:
· Aansoeke word ingewag van hoogs analitiese individue met ’n toepaslike IT‑kwalifikasie, ondersteun deur minstens 8–10 jaar relevante ervaring in ’n soortgelyke rol.
· Kandidate met sterk tegniese insig, gevorderde data‑analitiese vermoë en uitstekende rekenaarvaardighede sal voorkeur geniet.
· Ervaring of agtergrond in landbouproduksie en -verwerking sal as ’n verdere voordeel dien.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
· Die volledige bestuur en ontwikkeling van die maatskappy se IT‑infrastruktuur.
· Ontwikkeling, optimalisering en onderhoud van interne netwerke en sekuriteitsprotokolle.
· Ontwerp, implementering en bestuur van programmerings- en tegniese oplossings, insluitend geïntegreerde data‑vloei tussen platforms om data‑gedrewe besluitneming te ondersteun.
· Die skryf, bestuur en interpretasie van gevorderde data‑analises, dashboards en geoutomatiseerde data‑prosesse.
· Integrasie van moderne AI‑gebaseerde oplossings om data‑verwerking, akkuraatheid en operasionele doeltreffendheid te verbeter.
· Tegniese ondersteuning, foutopsporing en herstel van sagteware‑ en hardeware‑verwante probleme.
· Hersiening, verbetering en voortdurende opdatering van bestaande sisteme, prosesse en tegniese dokumentasie.
· Uitvoering van netwerk‑ en IT‑verwante administratiewe funksies, asook enige ander take soos van tyd tot tyd deur bestuur vereis.
· Bestuur van projekte.
Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.
’n Mededingende vergoedingspakket, ooreenkomstig kwalifikasies en ervaring, word aangebied.
Stuur u volledige CV, met verwysing MVIT , voor 13 Maart 2026 aan r ecruitment@ovdm.co.za
Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was