Where

A Makelaar

Job Placements
Ga-Rankuwa Full-day Full-time

Description:

Geleentheid vir 'n dinamiese individu met 'n sterk verkoopsagtergrond.

Hierdie rol is ideaal vir nuwelinge in die bedryf wat by 'n gevestigde handelsmerk wil aansluit en hul korttermyn makelaarspraktyk wil uitbrei met die ondersteuning van ons administratiewe kantoor of 'n bestaande korttermyn makelaar.

Verantwoordelikhede:
Ontwikkel en implementeer 'n doeltreffende bemarkingsstrategie om nuwe besigheid te werf en te laat groei, volgens die riglyne van ons Makelaars; Handhaaf bestaande besigheid deur professionele verhoudings met kliënte te vestig en te onderhou; Ontleed en evalueer bestaande versekeringspolisse, bied vergelykende ontledings aan en stel alternatiewe voor aan kliënte; Implementeer effektiewe besigheidspraktyke om sukses te verseker; Bou en handhaaf sterk verhoudings met beide interne spanlede en eksterne kliënte; en Bly op hoogte van die nuutste wetgewing en regulasies in die korttermynversekeringsbedryf
Vaardighede, Kwalifikasies en Algemene Vereistes:
Graad 12 kwalifikasie sal as vereiste dien, en n toepaslike nagraadse kwalifikasie sal voorkeur geniet; Voltooide NQF 4 Kwalifikasie sal as voorkeur dien; Regulatoriese Eksamen Sertifikate (RE1/5) sal as voorkeur dien; Rekenaar vaardig en kennis van die MS Office pakket; Handhaaf uitstekende kliënteverhouding en sterk kommunikasievaardighede; Voorkeur sal gegee word aan kandidate met relevante ervaring in oesversekering en bateversekeringbemarking; Sterk geskrewe en verbale kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels; Skoon krediet- en kriminele rekord is 'n vereiste; en Bereidwilligheid om te reis met 'n geldige motorlisensie.
17 Feb 2026;   from: gumtree.co.za