Where

Verhoudings Bestuurder - Magaliesburg Distrik

Job Placements
Randfontein Full-day Full-time

Description:

Verantwoordelikhede:
Bemarking van finansieringsprodukte; Hantering van kredietaansoeke; Hantering van rekeningnavrae; Kliëntebediening in die bemarkingsgebied en bestuur van kliënte se finansieringsverwante sake; Monitering van oeste en saamstel van oesverslae; Bestuur, rapporteer en invordering van agterstallige rekeninge; Instandhouding en groei van die finansieringsboek in die bemarkingsgebied; Handhaaf en bestuur goeie interne verhoudings; Opstel van kontantvloeibegrotings en -ontleding/interpretasie van finansiële state vankliënte; en Bywoon van inligtingsdae. Vaardighede, Kwalifikasies en Algemene Vereistes:
Minimum Graad 12 kwalifikasie Geldige bestuurslisensie en betroubare eie voertuig sal as minimum vereiste dien; Ten volle tweetalig in Afrikaans- en Engels (mondelinge en skriftelike kommunikasie); Sterk rekenaarvaardigheid en bevoegdheid in MS Office; n Tersiêre kwalifikasie sal voorkeur geniet; 2 - 3 jaar finansieringsbemarkingsondervinding en kennis van landbouprodukte sal voordelig wees; Ervaring op dienslewering en bemarkingsvaardighede; Uitstekende kommunikasie en interpersoonlike vaardighede; en Basiese begrip van die ekonomiese en sosiale aspekte van landbou, insluitend marktendense, bestuurspraktyke en beleide wat die bedryf kan beïnvloed.
17 Feb 2026;   from: gumtree.co.za