Description:
Postitel: Rekenmeester: Lone, Le Roux Fruit Exporters (Pty) Ltd
Aanstellingsdatum: So gou moontlik
Fisiese Adres: Sandrivier Landgoed
Roete 45, Wellington
Doel van Pos: Verantwoordelik vir die algehele lone- en verwante funksies van die maatskappye in
die Groep.
Verantwoordelikhede: Rapporteer aan Rekenmeester;
Koördinering van weeklikse versameling en prosessering van data in onderskeie
loonprogramme, ingesluit registrasies, diensbeeïndings, aftrekkings en alle ander
relevante inligting;
Weeklikse rekonsiliasie van lone, en indiening daarvan vir betaling vir alle
maatskappye;
Maandelikse rekonsiliasie en verslagdoening vir die doel van EMP201 indiening deur
rekeningkundige personeel;
Versamel en indiening van alle relevante vorms soos vereis deur die Dep. van Arbeid;
Byhou van die loonprogram met relevante en akkurate maatskappy- en
werknemersbesonderhede;
Skakeling en samewerking met verskillende afdelings binne die groep, ingesluit die
hantering van navrae rakende loonuitbetalings;
Deurlopende bystand aan loonpersoneel;
Enige ander take soos wat behoeftes ontwikkel.
Vaardighede: Rekenaar- en syfervaardigheid, ingesluit en nie beperk tot kennis van Microsoft Office
(bv. Excel, Word);
Uitstekende kommunikasie- en menseverhoudingsvaardighede;
Stiptelikheid en sterk verantwoordelikheidsin;
Vermoë om onder tydsdruk te werk en weeklikse sperdatums te haal;
Goeie samewerking in spanverband;
Volledig taalvaardig in Afrikaans en Engels;
Hoë agting vir vertroulikheid.
Ondervinding, opleiding
en vereistes:
Suksesvolle voltooiing van Graad 12 met matrieksertifikaat is ‘n vereiste en ten minste
2 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos;
Gevorderde kennis van Microsoft Excel, Word, Office en SAGE VIP PAYROLL;
Kennis van kloksisteme en werking daarvan, asook ervaring in die landbou-sektor sal in
aansoeker se guns tel;
Eie vervoer en verblyf.
Verwysings: Verskaf ten minste 3 kontakbare verwysings.
Navrae en aansoeke: Belangstellendes kan hul CV tesame met salarisverwagting stuur aan Ian de Wet by
ian@lerouxmobile.co.za
Sluiting van aansoeke: Vrydag, 20 Februarie 2026 om 12h00.
Algemeen: Voornemende aansoekers moet huidige/laaste/verwagte salaris aandui as deel van die
aansoek.
Aansoekers wie teen 25 Februarie 2026 nie terugvoering ontvang het nie kan aanvaar
dat die aansoek onsuksesvol was.