Description:
AU PAIR & SKRYFHULP (Skriba) MET SUPERKRAGTE GESOEK! ✏️
Is jy lief vir kinders, hou jy van roetine, en kan jy multitask soos ’n kampioen? Dan soek ons JOU!
Ons is op soek na ’n betroubare, energieke Afrikaanssprekende au pair & skryfhulp (Skriba) om deel van ons span te word van Maandag tot Vrydag.
Wat gaan jy doen?
Skooloplaai en -aflaai
Help met huiswerk (sonder trane… meestal )
Ry na naskoolse aktiwiteite ♂️⚽
Help as skriba by die skool wanneer nodig ✏️
Wat jy NIE hoef te doen nie:
❌ Geen kosmaak
❌ Geen skoonmaak
Wat jy WEL nodig het:
’n Betroubare motor
’n Geldige bestuurslisensie
Afrikaans as huistaal
Goeie verantwoordelikheidsin
Wat ons bied:
R15 000 per maand
’n Lekker werksomgewing en kinders wat jou vinnig in hul harte gaan toelaat
Klink dit soos jou ding? Stuur vir ons ’n boodskap – ons kan nie wag om jou te ontmoet nie!
Issabel 0653695493