Description:
Hoofposfunksies
Bestuur van verpakkingsaanleg
Bestuur van die totale verpakkingsaanleg met ongeveer 340 seisoenale en 20 permanente werkers.
Beplanning, organisering en beheer oor:
Sortering van vrugte.
Verpakking van vrugte vir beide plaaslike en uitvoermark.
Kartonstoor, insluitend die opmaak van kartonne vir verpakking, aankoop en voorraadbestuur van pakmateriaal.
Paletisering van gepakte vrugte.
Kwaliteitskontrole oor gepakte vrugte, insluitend koördinering met PPECB, uitvoeragente en plaaslike bemarkers.
Inname en uitlaai van gepakte vrugte na Lanko Koelkamers.
Uitlaai van vrugte wat hervul is in kratte en lewering aan koelkamers en/of Granor Passi.
Personeel
Opstel van jaarlikse personeelplan en bepaling van opleidingsbehoeftes.
Verlofbeplanning.
Koördinering met die Menslike Hulpbronne-departement m.b.t. werwing, opleiding, bevordering, dissiplinêre aksies, aanmeld van BAD’s ens.
Toepassing van meriete- en dissiplinêre stelsel.
Toerusting, geboue en terrein
Koördinering met instandhoudingsbestuurder m.b.t.:
Uitvoering van roetine- en