Description:
Chief Executive Officer / Hoof Uitvoerende Beampte
Citrusdal Watergebruikersvereniging & Citrusdal Agri Vereniging
Oorsig van die Rol
Die verenigings bedryf ’n gedeelde kantoor en is op soek na ’n dinamiese, ervare Chief Executive Officer / Hoof Uitvoerende Beampte om leiding te neem oor hul onderskeie bedrywighede. Die verenigings het ten doel om verskeie projekte en intervensies op plaaslike gemeenskaps- en munisipale vlak te dryf ten einde ’n volhoubare gemeenskap en bedryfsomgewing vir hul lede te verseker.
Die Chief Executive Officer / Hoof Uitvoerende Beampte dien as die openbare verteenwoordiger van beide verenigings en skakel met ’n wye reeks belanghebbendes, insluitend boere, gemeenskappe, regeringsdepartemente (plaaslik, provinsiaal en nasionaal), senior amptenare en nie-regerings organisasies.
Sleutelverantwoordelikhede
Vestig en bestuur ’n sentrale administratiewe kantoor vir die verenigings en verwante gemeenskapsforums. Verteenwoordig die verenigings by plaaslike en nasionale forums om sigbaarheid, invloed en betrokkenheid van belanghebbendes te versterk. Bou en handhaaf verhoudings, en werk saam met sleutelbelanghebbendes, insluitend regeringsinstansies (Departement van Landbou, Departement van Water en Sanitasie, Plaaslike Regering), gemeenskapsgroepe en plaaslike organisasies. Identifiseer en dryf vennootskapsgeleenthede en gesamentlike ondernemings; hou toesig oor projekbeplanning en -uitvoering. Lei watermodellering en datafunksies, insluitend hidrologiese navorsing en inligtingstelsels ter ondersteuning van waterbeplanning en -beleid. Bestuur diensverskaffers en tenderprosesse en verseker nakoming van interne beleid. Lei, ontwikkel en bestuur personeel en bevorder ’n hoëprestasiespan met ’n samewerkende kultuur. Hou toesig oor finansiële beplanning, begroting en hulpbrontoewysing in ooreenstemming met PFMA-vereistes. Verseker duidelike kommunikasie en verslagdoening aan lede, regeringsdepartemente, befondsers en ander belanghebbendes.Vaardighede en Persoonlike Eienskappe
Uitstekende kommunikasie-, onderhandelings- en interpersoonlike vaardighede. Strategiese denker met ’n bewese rekord van innovasie en veranderings bestuur. Uiteers georganiseerd met die vermoë om veelvuldige prioriteite te bestuur. Aanpasbaar in dinamiese en veranderende omgewings. Sterk leier met ’n samewerkende bestuursbenadering. Sterk etiese grondslag, integriteit en nederigheid. Oplossingsgedrewe en billik.Ervaring, Kennis en Kwalifikasies
Relevante tersiêre kwalifikasie of ’n Baccalaureusgraad. Agtergrond in ingenieurswese, stedelike beplanning of ontwikkeling sal ’n sterk aanbeveling wees. Ervaring in regerings-