Description:
Ons spesialiseer sedert 1997 in onder meer werwing, keuring en plasing van personeel, organisasie-ontwikkeling, loon-administrasie, tydelike arbeidsdiensverskaffing, vaardigheidsontwikkeling en arbeidsverhoudinge. Ons beskik oor ‘n loopbaangeleentheid en nooi self-gemotiveerde kandidate met sterk dryf, gefokus op presisie uit om aansoek te doen:
GEHALTEBESTUUR OUDIT KONSULTANT (Benede-Oranjerivier gebied)Vereistes:
- Matriek en verkieslik ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie, ondersteun deur ten minste 3-5 jaar ondervinding in verskeie gehaltebestuurstelsels in die landbou-omgewing met bewys van opleiding in gehaltebestuurstelsels soos SIZA, GlobalGap, HACCP en BRC.
- Moet onder druk en onafhanklik kan werk.
- Bogemiddelde menseverhoudinge.
- Uitstekende kommuni kasie- en organiseringsvaardighede.
- Goeie rekenaarvaardigheid in MS Office.
- Geldige rybewys en eie vervoer.
Pligte gaan onder meer insluit :
- Bemarking van dienste aan omliggende kliënte.
- Konsultasie met relevante partye rakende voorbereiding van en verbeterings aan gehaltebestuurstelsels.
- Voorbereiding van oudit-lêers.
- Doen van pre-oudits.
- Alle ander algemene administrasie soos van pos vereis.
In ruil word mededingende vergoedingspakket met fleksie-ure, gekoppel aan kwalifikasies en ondervinding aan die suksesvolle kandidaat gebied.
Om deel te raak van ons dinamiese span, rig u CV met verwysing MJG voor 08 Augustus 2025 aan recruitment@ovdm.co.za
Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.