Description:
Ons is op soek na n ervare Landbou Tegniese Produksie Bestuurder om die tegniese aspekte van sitrus- en kweekhuisproduksie te bestuur. Die rol vereis kundige beplanning, uitvoering en monitering van kernboerderyprosesse soos plaagbeheer, bemesting, besproeiing, asook die ontwikkeling en bestuur van plantprogramme, kultivarproewe en produksiegehalte.Kwalifikasie & Ervaring :
Tersiëre kwalifikasie in Landbou of ten minste 3 jaar ondervinding in tegniese boerdery Sterk rekenaarvaardighede Goeie menseverhoudinge en leidinggewende vermoë
Vereistes:
Beplan, monitor en skeduleer plaagbeheer Ontwikkel en implementeer plantprogramme Moniteer gehalte van plantwerk binne kweekhuise Moniteer en implementeer kultivarproewe en produksie Aankoop en bestuur van plaagbeheermiddels en kunsmis Bestuur van tegniese personeel Implementering en hantering van alle boerderyverwante oudits, insluitend Global GAP, Farming for the Future, DAFF en Siza Environmental Opstel en opleiding van standaard prosedures Opstel en opleiding van pligstate Toepassing van dissiplinêre standaarde
21 Jul 2025;
from:
gumtree.co.za